My Afrikaans Page
In die vroe� m�re van my balkon af
Dit is vroeg in die oggend. Ek staan op my balkon en kyk om my. Die son begin stadig om die hemelse leer te bestyg. Sy strale is nog swak, maar vriendelik, en tog vrolik in hierdie eensamheid.
My o� swerf grond toe, val op die enigste sigbare straat. Daar is min mense. �n Ou vrou, seker al tien keer �n ouma, sukkel stadig verby. Sy dra swaar an �n pakkie, die gewig daarvan maak haar rug krom. Sy sit die pakkie neer, gaan sit self op die grond, en, ek sien dit duidelik, begin huil. �n Sonstraaltjie val op haar trane, en hulle glinster soos gesmelte stukkies yster wat die liggaam en siel brand. Ek kyk vinnig weg.
�rens in die verte sien ek �n kind loop. Loop en spring, my kind, geniet die jonk-wees, want jy het die nie lank nie. Eendag, enige dag, sal dit weg wees, soos �n sneeuvlokkie onder �n sonnestraal, so sal dit verdwyn. Miskien sal jy probeer om daaraan vas te klou, maar die son sal wen.
�n Vo�l kom sit naby my en sing �n liedjie vir my. Daar is so baie kleure in sy kleed soos in �n re�nboog. Sy o� is klein en onskuldig, sy beentjies skraal, maar sterk. Ek beny hom om sy byna eindelose vryheid.
Ek kyk weer na die straat. �n Jong man leun nou teen die lamppaal wat nog altyd �n swak lig uitstraal. Die man hou �n ghitaar vas in sy linkerhand, dit rus ook op een van sy knie�. Met sy ander hand begin hy stadig, een vir een, die snare te pluk. Naderhand begin hy te sing. Dis �n protes-liedjie wat hy sing. Sy gesig is ernstig terwyl hy sing. Ek besef: hy wil die w�reld verander! En hy glo hy kan dit doen. Nee! Nee, jy kan nie! Smyt jou ghitaar neer! Hou op om te sing! Maar bewaar jou vryheid. Dit is so belangrik!
Die klokkie lui. Ek spring van my stoel af en stap na die deur toe. Nou-nou is die bewaarder hier om my uit te neem vir my oggendstappie. Ek sien uit daarna.
[Previous] | Understanding - 1999 |
[Next] | A Few of My Favourite Things..... |
[Up] | Home Page |
[Home] | Home Page |
[Mail] | Send EMail to Words Unlimited |
Last modified on Friday, 11 June 1999